+27825548983
2014196956@ufs4life.ac.za

Amper gereed

Amper gereed

Die droom was 24 jaar gelede. Die einde was so onmoontlik (ek bedoel die emosie wat ek ervaar het sowel as dit wat ek gesien het) dat ek dit diep in my weggebere het.
Presies ‘n jaar gelede het ek daardie plek bereik. Dit was asof ek jare lank in ‘n warrelwind vasgekeer was (let wel:- deur bitterheid) en skielik het die Heilige Gees self my daar neergesit. En Hy bly my voorberei en opbou en met soveel liefde toevou soos geen mens kan nie.
Ek bly misluk met die taak voor my. Die vyand keer met oa. hoogmoed, oorhaastigheid, teenkantig van sommige van my ander kinders, ongeloof (wel, dit is dan soos ek self op 45 jr oud gevoel het.)
Gister was ek omring met vreemdelinge, maar ek het net liefde gevoel
En dankie Barbara en Schalk en die res. Ek verstaan nou so baie meer. Ek het gevoel hoe ek toegerus word saam met n span om saam te werk en bid vir dieselfde opdrag, nl die eenheid van gesinne, families, gemeenskappe, leiers, en uiteindelik ons nasie.
Ek is so bly ek was daarheen gelei.