+27825548983
2014196956@ufs4life.ac.za

Eerste ervaring van n Woord van Kennis!

Eerste ervaring van n Woord van Kennis!

Goeie Dag Almal,

My naam is Andre Jacobs,en ek het n week gelede (14 April 2018) die Droom Seminaar in Durbanville bygwoon.Wat n fantastiese geleentheid, en tyd van aanbidding met Barabara en Schalk. Barabara het by die einde van die Seminaar die Pastore en leierskap van verskillende kerke navore geroep om n spesiale gebed te doen,asook n gebed van ”impartation”.Dis waar ek dink alles begin het…Schalk sê toe ook,dat die die Here hom wys dat ons wat die Seminaar bygewoon het in 7dae, die Here magtig kan verwag…Ek neem daardie Woord toe in geloof!

Vrydagaand(20ste April 2018/die 6de dag na die profesie) maak ek my gereed om van die werk af,huistoe te gaan.Voor ek uit die kantoor stap kontak ek toe vir Barabara en vra haar n vraag oor die gawe van ”Die Woord van Kennis”.Ek vra haar toe om vir my te bid voor ek huis to ry,en ek vat dit toe sommer in geloof.!

Ek sluit toe ons kantoor, en terwyl ek in aanbidding na my kar toe stap(n hele entjie)onthou ek toe die woorde van Barabara :”Andre Wees sensitief aan die Heilige Gees…”Onmiddelik sien ek toe n student na my kant toe aangestap kom,en ek vra toe vir die Here ,of Hy wil iets sê oor hierdie seun..Bonatuurlik en skielik, maar saggies hoor ek toe die naam: ”Vuyisile…”Ek wou toe vra,want hy lyk to Xhosa sprekend, maar ek is toe huiwerig .Ek stap toe maar berouvol aan en wonder toe wat sou gebeur het…

Ek vat toe maar vrede,en bid toe maar net in my gedagte vir Vuyisile waartoe ”hy” oppad was…Oppad huistoe,besef ek my petrol tenk is amper leeg en draai toe sommer gou by n Shell-Garage in.Ek wonder toe waar is die werkers en uiteindelik stap een van die ouens na die kar toe en sê heel opgewonde :”Good Evening Sir”.Ek opdaai tyd, soek toe nog my geld in my rugsakkie,en toe ek uiteindelik op kyk, om my sleutels te gee, kyk ek vas in die man se naam-plaatjie, en wonderbaarlik staan daar toe in hoof letters geskryf: VUYISILE!!!!!!!

Ek kon my oë nie glo,nie en lag toe net kliphard op.Vuyisile kyk my verstommend aan en wonder toe seker wat is fout met my.(haha)Ek kon hom toe bemoedig en vertel dat die Here so bewus is van hom.Hy sê toe hy is n Christen en dat dit so n groot ”blessing” is op n Vrydagaand!.Halleluja! Aan God ak die eer!

Dankie Barbara en Schalk

Die Here seën!

Andre Jacobs